Local news

Duisende stroom na Tuinhekkie vir 2023 Vleisfees

Organiseerders van vanjaar se Vleisfees het met trots aangekondig dat 2023 die grootste een van sy soort tot nog toe was.

Skaapkop, afval en krokodil op ‘n spit. Bees asook hoender-espatadas en boerbok. Moet dan ook nie vergeet van die glybane, warmlugballonritte, die teetuin of kunsuitstalling nie.

Dit, en nog meer, was alles vir die duisende besoekers aangebied wat gedurende Saterdag, 5 Augustus na die Tuinhekkie gestroom het vir die Sionspoort Hervormde Gemeente se grootste Vleisfees nog.

‘n Lugfoto van die Vleisfees-gronde teen Saterdagoggend.
Dupie en Chantelle Kern saam met hul babadogtertjie Hanri.
Anica van der Westhuizen en Appel Ernst.

Organiseerders was reeds om 04:30 aan die werk om alles reg te kry vir besoekers wat sover as Hartswater in die Noord-Kaap, Gqeberha en George gekom het. Boonop was daar ongeveer 300 stalletjies van regoor Suid-Afrika (‘n groei van 230 stalletjies sedert sy bestaan in 2019) wat alles van klere, Vellies, diereprodukte soos hondejassies en komberse, handgemaakte kuns items, parfuum, tuisgebak, lekkergoed, speelgoed, leerprodukte en meer verkoop het.

“Ons was omtrent geseënd. Vanjaar se Vleisfees het al ons verwagtinge oortref en beter verloop as wat ons ooit kon droom. Die weer was ideaal, feesgangers gelukkig en daar was heerlike kos en vermaak vir almal,” het die fees se mediabestuurder Appel Ernst gesê.

Dr Johan van Staden en ds Hennie Retief.
Ma Zhanté de Beer en haar dogter Leoné by haar eie Datsun 160Y.

Gevra wat regtig uitgestaan het, het Appel gesê, “Die ywer en entoesiasme waarmee nie-winsgewende organisasies hul plek by die Vleisfees gevind het en blootstelling vir, en geleentheid gehad het om fondse te kon genereer vir die organisasies. Natuurlik was dit ook wonderlik om te sien hoe Randfontein en omliggende areas se mense weer lekker saam gekuier en gelag het.”

Avah-Leigh Minnie en haar ma Nicole met ‘n ballonhondjie.
Tweelingbroers Willem en Lucas Hefer op ‘n trekker.
Gelukkige feesgangers kon nie wag om ‘n kiekie te neem nie.

Die diereuitstallings, boerboele, hoenders en optredes by die twee arenas was ook goed ondersteun en baie gewild onder feesgangers. Die vars kos was so gewild dat alle kosstalletjies teen 20:30 uitverkoop is. Verskeie skole soos Seatile, Ram, Rappies, Kwaggasrus, Noordskool, Silverfields en Westgold was by talle aktiwiteite betrokke. Bekkerskool se veeskou en die D2-laerskole pom-pom kompetisie het ook groot skare getrek. HoĂ«rskool Riebeeckrand het ook ‘n verrassingsvertoning kom lewer om die laerskole te inspireer. DiĂ© einste hoĂ«rskool en Wagpos het mekaar die middag uitgedaag in ‘n toutrekkompetisie. Riebeeckrand het koning gekraai en natuurlik het die feesgangers ook hul hand aan die tou kom waag wat hope pret vir almal verseker het. Van jong dogterjie-spanne tot die harde baarde het hier hul staal kom wys.

Naomi de Beer en Rene van Straten van die plaaslike DBV saam met Daisy die Labrador.
Die Gladiators het ook ‘n verskyning gemaak.
Boeta Graham se Pontiac was tweede.

Daar was ook hope vermaak vir oud en jonk. Dit sluit in 4STRONG Fitness se vier Randfontein Obstacle Course (OCR) Racing-atlete wat hul vaardighede ten toon gestel het op die hindernisbaan in die 100 meter ‘sprint’ tydens die fees. Hulle gaan eersdaags in Genk, BelgiĂ« aan die FISO OCR WĂŞreldkampioenskappe gaan deelneem. Feesgangers kon ook hieraan deelneem. Kameelritte en skyfskiet was nog ’n paar aktiwiteite wat gesorg het vir hope pret. Die komediant Doringdraad het as seremoniemeester opgetree en die gehoor gereeld laat krul van die lag.

Johan Smit by sy skaapkop-stalletjie. Volgens hom moet die kop ten minste sewe ure kook.
Richard Esterhuizen, Attie Joubert en Stofie Esterhuizen van Sionspoort Kerk met lekker pap en vleis.

By die hoof-arena is die feesgangers met goeie musiek vermaak en Randfontein se eie Tanya V was hier in beheer waar sy met kunstenaars soos Juan Piere Murphy, AJ Vos, Botter, Stompdraai, Gerhard Supra, Anton Botha, Van West en Bernice West saamgespan het om die gehoor met uitmuntende vertonings te bederf.

Thys Hattingh en Henning du Plessis het alles onder beheer by die spitbraai. Hier spuit hulle krokodil in.
Sedert 2019 het die Sionspoort Hervormde Kerk die droom verwesenlik om ’n fees vir die gemeente en Randfontein aan te bied.

Veteraan Motors was ook op die Tuinhekkie se perseel te sien – selfs ’n ou brandweerwa. Daar was wel kopgekrap om wenners in die afdeling te bepaal maar aan einde van die dag het Piet Ferreira se Valiant koning gekraai met Boeta Graham se Pontiac in die tweede plek en Peet Wessels se GMC in derde.

Piet Wessels se GMC was derde.
Bejaardes Jan en Corrie Slabbert was onder die talle feesgangers.

Hierdie jaar kon moeĂ« feesgangers lafenis gaan soek in die Madeliefie Teetuin, waar daar gesmul is aan, onder andere, keurig bereide quiche, wortelkoek, sjokoladekoek en melktert. By die teetuin was daar ook ‘n kleurryke kunsversameling deur Cum Laude kunsskool-studente ten toon gestel. Een van die studente/ kunstenaar aan wie hulde gebring is daar, is die ontslape eienaar van Tuinhekkie, Leon Hefer. Verskeie van sy kunswerke was ook uitgestal.

Alice Venter saam met haar suster Shirley van Deventer en haar man Jurie. Hulle is van Westonaria.
Stiaan, Anshia en Elsa Oldewage saam met Ruben Lombaard asook Frans en Kobus van Zyl tydens die Vleisfees.

“Sionspoort en Leon se vriende het sy afwesigheid gedurende die dag oral ervaar. Hy was gedurig in ons gedagtes tydens die fees,” het Appel gesê.

‘n Pa en dogter met ‘n ballonhondjie.
Rashid Mohammad beter bekend as ‘Punch Punchu’ maak ‘n ballonhondjie vir feesgangers.

“Dankie aan elk van ons besoekers vir jul ondersteuning; dankie aan ons borge vir jul oop hand en bereidwilligheid en betrokkenheid by ons projek en aan elke uitstaller, dankie dat jy die Vleisfees jou keuse gemaak het om jou produk te kom bemark. Julle is die hart van ons Vleisfees.

“Alle eer kom ons Hemelse Vader toe, Hy wat ons die krag en vaardighede maar bowenal die genade geskenk het om op ons beskeie manier, diensbaar in ons gemeenskap te wees,” het sy afgesluit.

Surita Ferreira in haar pa se 1964 Valiant. Dit was die wenmotor van die Veteraan Motor Skou
Ram-skoolhoof Leon Haupt en sy vrou Isie.
Boeta Graham se Pontiac het ‘n tweede plek verower tydens die Veteraan Motor Skou met Piet Wessels wie se GMC die derde plek ingeneem het.

Related Articles

 
Back to top button