Local newsSchools

Jannas-dramaspanne slaan asems weg

Jannas-leerders het die teaterwêreld aan die brand met hul twee platinum-toekennings.

Hoërskool Jan Viljoen is trots op al hul dramaspanne en toneelstukke wat asems wegslaan.

Die leerders het tydens die FAK Allegretto Toneelfees in Ermelo met die Afrikaanse toneelstuk Spooklig beïndruk terwyl die Engelse toneelstuk, Beauty is a Beast, ook groot lof ontvang het. Albei het platinum-toekennings ontvang.

Jannas glo die prestasies is weens harde en toegewyde werk deur leerders en personeel. Foto ingestuur.

Skoolwoordvoerder Rudi van Wyk het verduidelik, “Vanjaar was die Afrikaanse drama Spooklig [geskryf deur dr MM Breytenbach] op die planke gebring deur Jannas-onderwyser Euodia de Meyer as regisseur. Leerders het toe op 22 Augustus by Hoërskool Ermelo aan die FAK Allegretto Toneelfees deelgeneem en daar het die toneel baie goed gevaar.

“Benjamin Ferris het die prestasie verwerf van beste akteur van die groep. Hierdie einste toneelgroep het twee dae later op Donderdag, 24 Augustus aan RACA deelgeneem en ‘n platinum-toekenning daarvoor verwerf.”

‘n Toneel uit Spooklig wat by die FAK Allegretto Toneelfees in Ermelo opgevoer is. Op die foto is Zené Harmse, Benjamin Ferris (ook die beste speler van die dag), Lané Odendaal en Shaidon Putzier. Foto ingestuur.

Beauty is a Beast was geskryf deur DM Larson met De Meyer wat weer die regisseur was. Hierdie groep toneelspelers het ook ‘n platinum-toekenning deur RACA verwerf.

“Vanjaar het Jannas twee toneelstukke op die planke gebring wat beide baie goed gevaar het. Die prestasies is weens harde en toegewyde werk deur leerders en personeel. Dit bied ook goeie ervaring in die teaterwêreld aan ons leerders. Ons is trots op julle,” het Rudi gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button