Local newsSchools

Gewilde kunstenaar besoek Rappies vir glansgeleentheid

Dit was oor meer as net 'n modeparade tydens vanjaar se Mnr en Mej Rappies.

Dit was vir Laerskool Rapportryer ‘n eer en voorreg om onlangs Mnr en Mej Rappies, wat as ‘n besondere glansgeleentheid beskou word, aan te bied.

“By hierdie spoggeleentheid het ons gepoog om absoluut ‘n positiewe impak te skep in ons gemeenskap. Die geleentheid het individuele deelname aangemoedig asook die samesyn van deelnemers en ons ouergemeenskap. Die skepping van God het na vore gekom met elke seun en dogter se besonderse talent,” het skoolwoordvoerder Esmé Botha gesê.

Die reis op die verhoog het begin met Demi Lee Moore as gaskunstenaar en John Owens, Mnr Suid-Afrika, as seremoniemeester en die stem agter die skerms Ju-han Swart. Die reis het gesorg vir die teenwoordigheid van spontane handeklap en toejuiging.

“Dit was die verwesenliking van ‘n ‘groot droom’ vir ons skool deur skoolhoof Andre Kruger en organiseerder Magda Swart. Baie dankie aan ons 82 finaliste, 10 ystermanne en Rappies se borge en ouers vir julle onbaatsugtige bydraes. Julle kinders was fenominaal. En laaste, maar die grootste van alles, baie dankie aan ons Hemelse Vader vir Sy genade en alle eer aan Hom!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button