Local newsSchools

RAM baljaar by boekkarakter-fees

Laerskool Randfontein het onlangs as onder andere Captain Jack Sparrow, Tin Man en die Queen of Hearts aangetrek ter viering van Boekkarakterdag.

Vrydag, 22 September was ‘n dag sonder teleurstelling vir die leerders van Laerskool Randfontein. Die entoesiastiese jeug het die geleentheid gekry om internasionale Leesdag en Erfenisdag saam met hul onderwysers te vier as hul gunsteling storieboek-karakters.

Skoolhoof Leon Haupt oorhandig die Cartridge Cave-geskenke aan die wenners.

Laerskool Randfontein-leerders was uitgedaag om aan te trek as hul geliefde storieboek karakters. Die onderwysers het nie geskroom om by die saak aan te sluit nie en skoolhoof Leon Haupt asook adjunkhoof Steve Greyvenstein het smullekker boereworsrolletjies vir die personeellede gebraai.

Jimal Makgae as ‘Captain Jack Sparrow’ en Kenyana Asaba as ‘The Wicked Witch of the North’.

Die liplek-lekker boereworsrolle was nie die enigste merkwaardige geselligheid nie. Die verskeidenheid karakterkostuums was geweldig verbysterend en die kreatiwiteit het oorgeloop. Die bepaling van die wenners was ‘n moeilike ry om te skoffel. Die wenners is elkeen beloon met ‘n geskenk van Cartridge Cave. Leon het die wenner van elke graad aangekondig en die pryse persoonlik vir hulle gegee.

Mieke Oosthuizen as ‘The Queen of Hearts’ en Dewald Strydom as ‘n ‘Minion’.

Laerskool Randfontein se Boekkarakterdag was beslis ‘n jubeldag wat vir lank onthou sal word.

Cayleigh Grobler as die ‘Boekfeetjie’ en Devan Schutte as ‘Tin Man’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button