Pret en plesier saam Cosmos
Die gemeenskap het onlangs Cosmos Tehuis se Gin-proefdag ondersteun.
Cosmos Tehuis vir Gestremdes het ‘n Gin-proedag aangebied om fondse in te samel.
Op 27 April het ongeveer 150 inwoners die Randfontein Windpomp volgepak om ‘n Gin-proepakket te proe. Die geleentheid het gedien as ‘n fondsinsameling vir Cosmos Tehuis se gestremde inwoners. Die proepakket het Kolibrie en Passieblom, Pride en Morality Gin ingesluit.
Volgens voorsitter en organiseerder Hanlie Jansen van Vuuren was een van die bekommernisse vir die funksie die weer, maar sy vertel dat dit ‘n heerlike dag was.
“Dit was ‘n pragtige geleentheid om verskillende indiwidue te ontmoet en Cosmos Tehuis te bespreek. Dit was duidelik dat Randfontein se hande en harte oop was vir die organisasie,” het Hanlie gesê.
Sy het verduidelik dat hierdie soort geleenthede belangrik is vir die gemeenskap om die bewustheid van gestremdes te vesprei.
“Die geleentheid was ‘n reuse sukses en die fondsinsameling het alle verwagtinge oorskrei. Die finale bedrag is wel nog nie deurgegee nie,” het sy vertel.