Local news
RAM-leerders dra by tot die verbetering van die gemeenskap
Twee leerders van die skool se padpatrollieraad maak 'n verskil deur slaggate een vir een op te vul.
Twee lede van Laerskool Randfontein se padpatrollieraad het bymekaargekom om ‘n stop te sit aan die slaggate in die paaie.
Grace Labuchagne, ‘n onderwyser by die skool en die padpatrollie organiseerder, het verduidelik Caydon Thompson en Grant Bothma het op 20 April die besluit geneem om die area rondom die skool te verbeter en slaggate in Ewartweg reggemaak.

Die twee leerders het nie net dit uit eie inisiatief en op hulle eie onkostes gedoen nie, maar ook op ‘n Saterdag.
Hulle het verder ander lede van die padpatrollie uitgedaag om nog slaggate op te vul.
“Baie dankie vir jul entoesiasme en toegewydheid,” het Grace gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



