Local news

Bejaarde inwoners eet by 40 meter-lang tafel

Inwoners van beide die tuistes het bymekaargekom om te kuier en die ete te geniet.

Vriendskap Tuiste het onlangs hul jaarlike langtafel ete aangebied.

Die inwoners van beide Vriendskap Tuiste en Randpoort Tuiste het bymekaargekom om die ete te geniet.

Dalena Botha, voorsitter van Vriendskap Tuiste, het verduidelik seder Covid het hulle besluit om die ete buite te hou. Verlede jaar het 100 inwoners by die 38.4m lang tafel aangesit. Hierdie jaar het hulle ‘n 40m tafel gehad waarby 120 mense aangesit het.

Inwoners het gesmul aan die sop, broodjies en sherrie wat op die dag bedien is. Foto ingestuur.

“Dit was ‘n gesellige bymekaarkom van die inwoners,” het sy gesê.

Dalena het afgesluit deur te noem hulle het sop, broodjies en sherrie bedien. Elke inwoner bring hulle eie eetgerei en drinkgoed. Daar het selfs drie generasies van een gesin die ete saam kom geniet.

Related Articles

 
Back to top button