Local news

Klein Damian trots op sy sywurm boerdery

Sesjarige besigheidsman spog met sy sywurms.

Shawn Damian van Aarde (6) is ‘n trotse sakeman en sywurmboer.

Damian se ma, Mirinda, het vertel dat hy graag ‘n sywurm wou aanhou. Sy het toe September verlede jaar vir hom 20 sywurms gekoop.

“Sonder dat ons agtergekom het, het die sywurms vermeerder. Gou was daar hordes eiers,” het sy gesê.

Toe sy vir Damian vra wat hy met die baie sywurms gaan doen, het hy ‘n wyse besluit geneem.

“Hy het toe geantwoord dat hy hulle wil verkoop,” het Mirinda verduidelik.

Op die oomblik het hy meer as 3 000 sywurms in sy sorg. Hy teel spesifiek met die Moerbei-sywurm wat net moerbeiblare eet. Alhoewel die wurms nog klein is, behandel Damian elke wurm met deernis en liefde.

“Hy is baie trots om te kan sê hy boer met sywurms. Dit is vir hom soveel pret om te sien hoe hulle in sy sorg groei. As iemand hom uitvra oor die sywurms, sê hy reguit vir hulle dat hulle een moet koop,” het sy gesê.

Die eiers wat reeds uitgebroei het.

Alhoewel Damian sy stokperdjie geniet, het sy gesê dat dit baie maklik is om te onderhou alhoewel dit baie werk behels. Sy het verduidelik omdat die sywurms so klein is, moet elke wurm met ‘n naald opgetel word en op ‘n nuwe blaar geplaas word. Daar moet ook genoeg voorraad wees vir die wurms om te eet.

“Vir die eerste fase van hul lewe moet jy elke dag vir hulle vars blare te gee. Wanneer hulle hulself in ‘n kokon spin, moet jy die kokon in ‘n boks met ‘n deksel op plaas en gate steek sodat dit kan asem haal. Na dit, as die motte eiers gelê het, moet jy die eiers tot volgende lente bêre en dan begin die proses weer van voor af,” het sy verduidelik.

Sy het beklemtoon dat die wurms hitte nodig het om behoorlik te ontwikkel.

Mirinda het ook wenke gegee vir diegene wat graag met sywurms wil teel.

“Voor jy begin, maak seker jy het elke dag tyd om die wurms te voer. Maak ook seker jy het ‘n moerbeiboom met lekker groot en klein blare. Die babas kou makliker aan ‘n vars klein blaartjie as ‘n groot ene.

“Maak die bokse gereeld skoon en haal die ou blare en mis uit. Was die blare voor jy dit insit as jy nie seker is of die boom met gif behandel is nie. Sit jou wurms op die warmste plek in jou huis. Belangrikste is, geniet dit, want as dit nie lekker is nie, mis jy die hele doel,” het sy afgesluit.

Indien iemand sywurms wil koop vir 20c een, kontak Mirinda op 076 085 2434.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button