Local news

Jaarlikse uitreik vir dierereddingsorganisasies ‘n reuse sukses

Uitreikgeleentheid deur Naughty by Nature MC vir die dierereddingsorganisasies in die omgewing was 'n dag om te onthou.

Die Naughty by Nature-motorfietsklub se Wes-Rand-tak het hul jaarlikse uitreik vir die diere-reddingsorganisasies in die omgewing gehou.

Op 16 November het die klub sowel as Cast Aways Animal Sanctuary, No More Tears Animal Rescue en die RandWest DBV by Die Windpomp bymekaargekom om geld in te samel vir die diere in hul sorg. Daar was stalletjies en ’n potjiekoskompetisie.

Naughty by Nature MC lede.

Yolandé Rothman van die klub het gesê hulle is trots, sowel as baie bevoorreg, om hul viervoetige vriende te kan help wat hulle baie na aan die hart lê.

Chrizel van Zyl, Juan Botha en Louisa Rossouw van Cast Aways Animal Sanctuary.

“Ons het ‘n goeie dag gehad met die weer wat saamgewerk het en dit maak ons harte baie bly dat daar mense is wat ons kan ondersteun.”

Sy het bygevoeg dat hulle ook by ander liefdadigheidsprojekte betrokke is maar hierdie dag was net op die diere gefokus.

Die RandWest DBV het lootjies verkoop vir hierdie kruiwa.

Brenda Eloff van die DBV het verduidelik dat hulle besluit het om nie vanjaar ‘n stalletjie te hê nie, maar eerder aan die potjiekoskompetisie deelgeneem het.

“Ons het soos vriendelike hekse met ons eie vlêrmuis en spinnekop aangetrek. Ons Goeie Feetjie was ook daar om seker te maak ons is nie stout nie,” het Brenda gesê.

Riana Cronje, Micheala van Deventer en Clarisse Kruger van No More Tears Animal Rescue.

Sy het gesê hulle het altesaam R2 400 vir die dag ingesamel, wat volgens haar ‘n reuse sukses was, waarvoor hulle baie dankbaar is.

“Ons weet dit sal weer gedoen word, die motorfietsryers het groot harte en is lief vir mense en diere. Ek wil net baie dankie sê aan almal betrokke, asook die gemeenskap wat ons kom ondersteun het. Sonder julle kan ons dit nie doen nie,” het Brenda bygevoeg.

Yolandé bedank graag die span by Die Windpomp wat hul plek vir die dag beskikbaar gestel het en natuurlik ook almal se skenkings.

“Ons sien uit daarna om nog ’n dag vir die diere in 2025 te hê,” het Yolandé genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button