Local news

Cosmos Tehuis vir Gestremdes se Kersmark bied vermaak vir die hele gesin

Die Kersmark het nie net aan uitstallers die geleentheid gebied om hul produkte uit te stal nie, maar het ook ’n dag van vermaak vir die gemeenskap gebied.

Cosmos Tehuis vir Gestremdes het die Kersseisoen afgeskop met ‘n Kersmark om nodige fondse in te samel.

Hanlie Janse van Vuuren, voorsitter van die tehuis, het verduidelik dat daar benewens die verskeidenheid stalletjies was daar ook springkastele en gesigverf vir die kinders. Kersvader het ook kom kuier en lekkers aan die kinders uitgedeel.

Klassieke motors was by die Kersmark ten toon gestel.

Sy het genoem dat alhoewel hulle op meer besoekers gehoop het, hulle steeds goeie wins gemaak het en die uitstallers het goed gevaar met hul verkope.

Alexzander Mcphee, Deon Grove en Caroline van Wyngaardt.

Sy bedank hul verskeie borge insluitend Ben Morgenrood Group, Blue Bottle, Mapogho A Mathamaga en Pest Control.

Louis Kupke en Mathilda Nel.

Hulle hoop om volgende jaar weer ‘n Kersmark te hou en vra ook die gemeenskap om meer betrokke te raak by die tehuis.

Micheala van Deventer, Riana Cronje en Clarisse Kruger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button