Local news
Familie en vriende neem afskeid van Oom Len
’n Jarelange inwoner van Randfontein en Westonaria verloor sy stryd met terminale maagkanker op die ouderdom van 63.
Leonard Sebastian, ‘n passievolle snoekerspeler en Blou Bul-entoesias is op 9 Januarie oorlede.
Angie Sebastian, Leonard se dogter het gesê, “Hy was ‘n vreeslike sosiale persoon en het gereeld met mense gekuier. Hy het soveel lewens aangeraak. Ek sal altyd sy hart van goud en sy lag onthou.”
Leonard was ‘n gereelde besoeker aan die Randfontein Rugbyklub waar hy sy passie vir snoeker uitgeleef het.
“Hy sal gemis word deur almal wat hom geken het,” het Angie gesê.
Leonard word oorleef deur sy vrou, kinders, skoonkinders en kleinkinders.
’n Gedenkdiens word op 17 Januarie om 14:00 vanaf die AGS Randgate gehou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



