Local news

‘Ons bly bid en vertrou’ – ma van seun (9) met leukemie

Ma praat oor haar kind se stryd met kanker.

Die ma van Liam Rotkin (9), wat teen leukemie veg, het onlangs met die Herald gepraat oor hoe kanker ‘n gesin kan aanraak.

Liam was eens ‘n aktiewe atleet in Laerskool Randfontein en het hy dit geniet om fiets te ry saam met sy vriende.

Na sy diagnose moes hy streng behandeling ondergaan, insluitend agressiewe chemoterapie.

Liam saam sy ma, Bianca.

Sy ma, Bianca van der Westhuizen, het uitgepraat oor hoe ernstig kanker is, maar dat daar steeds hoop is.

Sy het ook ‘n boodskap vir ma’s wat deur ‘n soortgelyke stryd gaan.

“Dit is ons kinders se reis. Ons is op hierdie pad geplaas om hulle te motiveer, by te staan en hulle onvoorwaardelik lief te hê. Ons is op die pad gesit om hulle te leer dat God sy moeilikste gevegte vir sy sterkste soldate gee. Ons moet op ons knieë gaan en veg.

Liam saam met sy stiefpa, Damian.

“Op hierdie oomblik voel ek nie of dit ‘n doodsvonnis is nie. Ons bly bid en vertrou dat God se wil sal seëvier. Al die liefde, ondersteuning en gebede van sy skool, familie en goeie vriende maak die situasie ‘n bietjie makliker om te hanteer. Die pad is nooit bedoel om maklik te wees nie, maar eerder om die moeite werd te wees – ongeag wat die einde inhou,” het sy afgesluit.

Lees Liam se volle storie oor sy stryd teen kanker in die Herald se 7 Februarie-uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button