Local news

Wêreldbiddag vir Vroue: Gebedsgroep in Toekies bid vir verbetering

Tydens die Wêreldbiddag vir Vroue het die Jesus Ladies gebedsgroep van Toekomsrus gebid vir die Cook-eilande.

Jesus Ladies het onlangs weer bymekaargekom om te bid – hierdie keer ter viering van Wêreldbiddag vir Vroue.

• Lees ook: Vroue bid saam vir die gemeenskap

Belinda Roberts, leier van die gebedsgroep in Toekomsrus het verduidelik dat hulle ‘n organisasie is wat vir die hele wêreld bid. Vanjaar het hulle besluit om spesifiek vir die vroue van die Cook-eilande te bid.

Volgens Kaapkerk.co.za was dit die 95ste dag van gebed vir vroue in Suid-Afrika. Hulle het verder verduidelik dat Wêreldbiddag ‘n ekumeniese beweging is wat geïnspireer is deur die leuse Informed prayer and prayerful action wat deur vroue regoor die wêreld op sewe kontinente gevier word. Die Cook-eilande is die outeurland vir die 2025-dag van gebed.

Belinda het bygevoeg dat die tema van die dag Kia Orana was – ‘n groet wat deur die inwoners van die Cook-eilande gebruik word.

Dit beteken ‘mag jy lank lewe en mag jy goed lewe, mag jy skyn soos die son en mag jy met die golwe dans’. Ons het ook Psalm 139:7-12 behandel.”

Sy hoop dat mense van Suid-Afrika sal sien en besef dat ander lande ook soortgelyke probleme ondervind. Verder sou hulle graag ‘n verbetering in die hele Suid-Afrika wou sien, nie net in Toekomsrus nie.

Lede van die Jesus Ladies gebedsgroep van Toekomsrus sing ter viering van Wêreldbiddag vir Vroue.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button