Local news

Vroue bid saam vir die gemeenskap

Die Jesus Ladies gebedsgroep van Toekomsrus nooi die gemeenskap om by hulle aan te sluit.

Jesus Ladies nooi die gemeenskap om deel te word van hul gebedsgroep.

Veronica Smith, een van die lede van die gebedsgroep, het gesê hulle bestaan al 20 jaar en kom elke maand bymekaar vir ‘n diens en aanbidding.

Sy het verduidelik dat hulle nie aan ‘n sekere denominasie behoort nie, maar elke kerk in die gemeenskap besoek om te bid.

Maria Botha is tans die oudste lid van die groep en een van die lede wat dit begin het. Sy het gesê hulle is baie geseënd en sy moedig die lidmate aan om nie lui te wees nie, maar eerder aan te hou bid.

Sy het bygevoeg dat sy trots is op die getalle wat gegroei het, veral met die aantal jongmense wat deel van die groep geword het. Hulle hoop ook dat die groep nog groter sal word en meer mense deel daarvan sal wees.

Veronica het ook vir skenkings gevra sodat hulle iets kan saamneem wanneer hulle vir bejaardes gaan kuier en ook vir hulle geskenke gee aan die einde van die jaar.

• Navrae: Kontak vir Dezery Brander by 079 363 0748.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button