Local news
God’s Army hou vlooimark as fondsinsameling
Van speelgoed tot pannekoek, God's Army se vlooimark was 'n sukses in Helikonpark.

God’s Army Aanbidding Sentrum het onlangs hul eerste vlooimark gehou om fondse in te samel vir hul kospakkie-inisiatief.
• Lees ook: Help God’s Army om haweloses te huisves
Daar was ongeveer 10 stalletjies wat met talle produkte gespog het. Van bekers, juwele, kerse en speelgoed tot skilderye en pannekoek, daar was iets vir almal.
Volgens organiseerder Hennie Marais was die vlooimark ‘n reuse sukses.
“Ons wou graag die vlooimark gehou het om fondse in te samel sodat ons kospakkies kan maak.
Hierdie kospakkies gaan vir die behoeftige families waarna ons elke maand omsien,” het hy verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.