Help God’s Army om haweloses te huisves
God's Army Aanbidding Sentrum beplan om haweloses te huisves maar kort die gemeenskap se hulp.
God’s Army Worship Centre is op soek na ‘n perseel om minderbevoorregtes te huisves en te versorg.
• Lees ook: God’s Army kort jou hulp
Stigter Hennie Marais doen ‘n beroep op die gemeenskap om te kyk of iemand ‘n perseel besit wat verlate of ongebruik is.
Hy het verder gesê dat die sentrum graag die gebou wil oorneem om behoeftige mense van die strate af te help.
Ons wil graag al die minderbevoorregtes ‘n blaaskans gee en ‘n kans vir ‘n beter lewe. Ons voorsien reeds vir meer as 30 gesinne en baie haweloses.
“Van die haweloses is nog bloedjonk en woon op straat omdat albei hul ouers oorlede is. Daarom wil ons graag ‘n plek kry wat ons kan gebruik om hierdie mense te help,” het Hennie gesê.
Hulle beplan ook om die vaardighede van die mense by die instelling te slyp deur verskeie aktiwiteite aan te bied. Dit sluit in naaldwerk, landbou en geloofskwessies.
“As iemand die sentrum kan help, sal dit baie waardeer word. Ons sal die gebou self opgradeer en voorberei vir minderbevoorregtes,” het Hennie afgesluit.
Indien enigiemand belangstel, kontak vir Hennie by 079 050 5175.



