Local news

Van kos tot kuier: Sionspoort se Vleisfees lok groot skare

Vleisfees in kiekies: Met krokodilvleis op die spit, musiekoptredes, veteraanmotors en talle stalletjies, onder andere, het die Sionspoort Vleisfees weer hierdie jaar nie besoekers teleurgestel nie.

Die Sionspoort Hervormde Kerk se Vleisfees was op 2 Augustus weer ’n hoogtepunt in Randfontein, met duisende mense van regoor wat saamgetrek het om die feespret te geniet.

Soos in vorige jare was die groot trekpleister beslis die krokodil- en skaapvleis, weer heerlik op die spit gebraai.

Daar was talle stalletjies met uiteenlopende produkte – van kos en klere tot juwele en ander ditjies en datjies.

Koos en Paul Prinsloo.

Die veteraanmotors was, soos altyd, ’n groot aantrekking. Koos en Paul Prinsloo het hul 1973 Ford Capri ten toon gestel en vertel dat hulle verlede jaar ook die Vleisfees bygewoon het en uitsien na wat elke jaar bied.

• Lees ook: KYK: Vleisfees vuur en vlam aan die gang

Angelique Crament en Letta Mitchell.

Angelique Crament van Witpoortjie, Roodepoort, het saam met haar tannie, Letta Mitchell van Carletonville, die Vleisfees vir die eerste keer bygewoon. Daar was ook besoekers van so ver as Pretoria, insluitend Vanes-Mari du Toit – bekende TV-aanbieder en voormalige Protea-netbalspeler.

Anton Fitchat en Vanes-Mari du Toit.

Bekende gesigte soos Tommy Dickson, beter bekend as Chef Vaatjie, het weer ’n krokodil op die braai gehad. Die sangers Anton Fitchet, Wynand en Chereé was ook op die verhoog te sien.

Hou dié spasie dop vir meer oor vanjaar se Vleisfees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button