Local news

Twee dogtertjies wys: ’n Mens is nooit te jonk om uit te reik na dié in nood nie

Mieke van Deventer en Nirvana van Sittert het hul Kerswense vir ander kinders verruil vir ’n projek om die gemeenskap te help.

Mieke van Deventer en Nirvana van Sittert, albei vyf jaar oud en leerders van Ramkriekies Kleuterskool, het hierdie Kersseisoen besluit om hul harte oop te maak vir ander.

In plaas daarvan om speelgoed en lekkers op hul Kerslys te sit, het hulle besluit om donasies vir The Cradle of Hope in te samel en ander kinders se harte bly te maak.

Volgens Chané, Mieke se ma, was dit geheel en al die dogtertjies se eie idee.

“Ons was verbaas toe hulle met die voorstel kom, en het onmiddellik begin help om alles te organiseer.”

Mieke en Nirvana het hulself “Kersfees Kinders” genoem, ’n video opgeneem waarin hulle die gemeenskap om hulp vra, en selfs van hul eie klere en speelgoed geskenk. Mense het van so ver as Kaapstad donasies gestuur, terwyl ’n vrou van die dorp spesiaal twee beertjies vir die projek gehekel het. Baie mense het via Facebook uitgereik, en die projek het selfs ander in nood kon help.

Dit was hul eerste keer om so ’n projek aan te pak, maar hulle wil dit graag elke jaar herhaal en hoop om volgende jaar nog meer speelgoed in te samel om aan ander kinders te gee.

“Ons is baie trots op hulle en gaan graag saam met hulle werk om deur die loop van 2026 donasies vir Kersfees in te samel. Ons hoop ook om besighede betrokke te kry,” sluit Chané af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Chanté Bolton

Chanté Bolton started her journalism career at the Roodepoort Record in 2023. In February 2024, she joined the Randfontein Herald family. She received her BA in Communication from the North West University in 2021. In 2022 she received her BA Honours degree in English Language and Literature. Chanté wants to be the voice of the community.

Related Articles

Back to top button