Local news

Van Ouma-boerewors tot krokodil – Sionspoort se Vleisfees het alles

Die sesde Sionspoort Vleisfees keer terug met gewilde vleisgeregte, honderde uitstallers en 'n indrukwekkende kunstenaarsprogram.

Sionspoort se gewilde jaarlikse Vleisfees is terug en beloof vanjaar nóg meer kos, vermaak en gesinsaktiwiteite. Benewens die bekende vleisprodukte en gewilde kunstenaars, sal besoekers ook die Gauteng Boogskietkampioenskappe kan bywoon.

Die fees, aangebied deur die Sionspoort Hervormde Kerk, vind op Saterdag, 1 Augustus by Die Tuinhekkie in Randfontein plaas. Die hekke open om 08:00 en die verrigtinge duur tot laat.

Volgens die fees se mediabestuurder, Appel Ernst, is die span opgewonde om die sesde aanbieding van die Vleisfees aan te bied.

Richann Brüssow. Foto ingestuur

“Elke jaar probeer ons iets nuuts byvoeg, maar ons behou steeds die gunstelinge waarvoor mense die Vleisfees leer ken het. Ons sien uit daarna om besoekers van oral af te verwelkom,” sê Appel.

Vleis bly die hoogtepunt

Die Vleisfees is bekend vir sy vars vleisprodukte en besoekers sal weer vanjaar Ouma-boerewors en ‘n verskeidenheid vars vleis kan koop. Appel waarsku egter dat voorraad beperk is.

“Ons beveel aan dat mense vroeg opdaag indien hulle van die vars vleis wil koop, aangesien dit gewoonlik baie gewild is,” sê sy.

Venter. Foto ingestuur

Kosliefhebbers kan ook uitsien na skaap en krokodil op die spit, boereworsrolle, skilpadjies, kaiings, sosaties en verskeie ander vleisgeregte. Daar sal ook vetkoek, hamburgers, prego-rolle, gedraaide aartappels en ander eetgoed beskikbaar wees.

Iets vir die hele gesin

Meer as 300 stalletjies sal handgemaakte produkte en plaaslike items verkoop, waaronder juwele, klere, seep, gebak, lekkers en nog vele meer.

Kinders en gesinne kan hulself besig hou met mallemeulritte, kameelritte, trampoliens en ritte met die RE/MAX-lugballon.

Ons. Foto ingestuur

Gauteng se beste boogskutters in aksie

‘n Hoogtepunt op vanjaar se program is die Africa Genesis Archery (AGA) Gauteng Boogskietkampioenskappe, waar sowat 250 jong boogskutters aan die kompetisie sal deelneem.

“Ons is baie trots dat die Gauteng Boogskietkampioenskappe deel van die Vleisfees vorm. Dit is ‘n belangrike byeenkoms op die boogskietkalender en ons is bevoorreg om hierdie jong sportlui te kan ondersteun,” sê Appel.

Sy voeg by dat die uitslae van die kampioenskap as maatstaf dien vir die aanwys van die Gauteng-span ná afloop van die byeenkoms.

Danny Smoke. Foto ingestuur

Musiek deur die dag

Musikale vermaak word deur Tanya V aangebied, met optredes deur Ruhan du Toit, Danny Smoke, Ons, Lisie Basson, Skemer, Venter, Shakira Peach, Rubber Duc, Richann Brüssow, Sonder Onderbroeke en Chernae.

Toegang beloop R50 vir volwassenes en hoërskoolleerders, R30 vir laerskoolleerders, terwyl kinders jonger as ses jaar gratis toegang geniet.

Die seremoniemeester is Randfontein se eie Tanya V. Foto ingestuur

Organiseerders herinner besoekers dat eie stoele, sambrele, gazebo’s en koelhouers nie by die fees toegelaat sal word nie. Toegangskaartjies sal slegs by die hekke op die dag van die fees beskikbaar wees.

“Ons doel is om ‘n dag te skep waar die hele gesin iets kan geniet – of dit nou die kos, musiek, inkopies of aktiwiteite is. Ons sien daarna uit om almal by vanjaar se Vleisfees te verwelkom.”

Vir meer inligting oor die program en ander besonderhede kan besoekers die Sionspoort Vleisfees se webwerf besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button