Local news

Warmfees bring musiek én warmte na die Wes-Rand

Byna R80 000 se komberse is tydens die jaarlikse Warmfees in Ruimsig vir mense en diere in nood ingesamel.

Musiek, gemeenskapsgees en liefdadigheid het onlangs hande gevat toe die jaarlikse Warmfees in Ruimsig byna R80 000 se komberse vir mense en diere in nood ingesamel het.

Volgens hoofkunstenaar Martin Bester is die fees in samewerking met Round Table en Good Morning Angels aangebied om komberse vir behoeftiges in te samel.

“Ons het die fees reeds ’n paar jaar gelede begin, en die konsep is eenvoudig: Mense bring ’n kombers en geniet ’n dag van musiek,” sê hy.

Die komberse is by die ingang ingesamel en word daarna deur Round Table aan mense en diere in nood in die distrik versprei.

Martin beskryf die dag as ’n groot sukses vir die Wes-Rand.

Feesgangers tydens die optrede. Foto: Jacaranda FM

“Dit is ’n baie mooi gebaar gedurende die winter. Vir baie Suid-Afrikaners beteken dit baie om ’n nuwe kombers as geskenk te ontvang. Ek dink baie mense verwelkom dit en gebruik daardie komberse regdeur die jaar,” sê hy.

Volgens Martin was die hoogtepunt van die dag om te sien hoe mense hul tyd afgestaan het om te sing, te dans en tot ’n goeie doel by te dra.

“Dit was briljant om die mense voor ons tydens die vertoning te sien en hul geesdrif en dans te ervaar,” voeg hy by.

Hy sê die energie was besonders en dit was duidelik dat feesgangers die dag geniet het. Talle ander kunstenaars het ook opgetree.

“Dit is ’n jaarlikse instelling wat ons nou al omtrent ses jaar aanbied. Aan die einde van die toer gaan ons die volledige resultate bekend maak van die hoeveelheid komberse wat ons ingesamel het. Net om mense se gesigte te sien wanneer hulle die komberse ontvang, is baie spesiaal. Dit maak ’n groot verskil in hul lewens,” sluit Martin af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.

Related Articles

Back to top button