Randfontein vier Hester se 101ste mylpaal
Die 101-jarige Hester Landman glo minder stres, 'n eenvoudige lewenswyse en liefde vir haar familie is die geheim tot haar lang lewe.
Randfontein se Hester Landman het op 24 Julie haar 101ste verjaardag gevier en is een van die dorp se oudste inwoners.
Sy skryf haar lang lewe toe aan ‘n eenvoudige leefstyl, goeie gesondheid, min stres en die liefdevolle ondersteuning van haar familie, veral haar dogter en versorger, Carol Hefer.

Hester se raad aan jongmense is om jouself te wees, weg te bly van dwelms en drank, en jou ouers te eer en te versorg.
Haar familie gaan die besonderse mylpaal vier met ‘n uitstappie na Magaliesburg, waar nog ‘n slot met haar ouderdom aangebring sal word en 101 ballonne losgelaat sal word.
Lees die Herald van 7 Augustus vir ‘n meer in-diepte artikel.



