School sportSchools

Meer as 220 skuts in die kol tydens RAM-boogskietkompetisie

Daar was ongeveer 224 skuts wat die dag kom geniet het.

Laerskool Randfontein het op Saterdag, 13 Mei hul ‘bullseye’-boogskietkompetisie aangebied.

Daar was ongeveer 224 skuts, van graad 2-leerders tot bejaardes van 80 jaar oud. Die doel was om tydens die kompetisie 40 pyle te skiet om ‘n totaal uit 300 punte te verwerf.

Alex Wilson. Foto: Michelle Roodt.

Organiseerder en afrigter Annie Nolan het vertel dat dit ‘n besonderse kompetisie en mylpaal vir RAM is want dit is hul skool se vyfde jaar van deelname aan boogskiet.

Casey-Lee Adam. Foto: Michelle Roodt.

“Daar word verskeie kompetisies deur die jaar gehou, wat skuts van so ver as Pretoria trek. Dis ‘n sportsoort waar ouers en kinders saam kan deelneem en teen mekaar kan kompenteer.

Malie Schutte. Foto: Michelle Roodt.

“Dis ongelooflik om te sien hoe ‘n klein kind van 8 en ‘n ouer persoon van 80 mekaar kan ondersteun en moed in praat,” het Annie gesê.

Sy het verduidelik dat Saterdag ook Internasionale Boogskietdag was en die beste skuts en spanne is almal soos oudergewoonte beloon met RAMkat-medaljes en ‘n trofee.

Keisha Cunha behaal ‘n derde plek. Foto: Michelle Roodt.

“Laerskool Randfontein se span het ‘n tweede plek behaal onder die laerskoolspanne en Keisha Cunha het derde plek by die laerskool dogters behaal. Daar is nog verskeie kompetisies oor voor die Provinsiale- en SA-spanne aangewys word. Die skuts werk baie hard en ons kan nie wag om te sien wie die groot spanne maak nie.”

Jimalodene Makgae. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button