School sportSchools

Kleurvol en vrolik tydens RAM se massa-landloop

Die eerste vyf atlete in elke ouderdomsgroep het almal Laerskool Randfontein se landloopspan gehaal.

Pret het geheers tydens Laerskool Randfontein se massa-landloop byeenkoms wat onlangs aangebied is.

Volgens skoolwoordvoerder Annie Nolan het nie eers die koue wintersdag van 9 Junie atlete verhoed om uitstekende prestasies te lewer nie. Die eerste vyf atlete in elke ouderdomsgroep het ook almal die landloopspan gehaal.

• Lees ook: RAM-langasems rek hul bene in massabyeenkoms

Organiseerder van die landloop, Maretha van der Walt, was baie beïndruk met die hoeveelheid leerders wat aan die uitdunne deelgeneem het.

Die landloopbaan van 2km is om die skoolterrein uitgelê en die personeel het op strategiese plekke diens gedoen en verseker dat die leerders te alle tye veilig is.

Die graad 7’s se spangees was op almal se lippe. Hulle het nie net snaaks aangetrek nie maar ook lekker grappies gemaak. Wat die uitslae aanbetref, baie geluk aan al die atlete se pragtige prestasies,” het Annie vertel.

Sy het bygevoeg dat die atmosfeer van kameraadskap onder die leerders opmerklik was.

“Hulle het mekaar aangemoedig en ondersteun en niemand is alleen gelos om op sy eie te sukkel nie, dit is ‘n wonderlike eienskap van ‘n jong leerder.”

Die uitslae is soos volg:

• o7-dogters:

1. Zaylee Cochrane

2. Ilse Koen

• o7-seuns:

1. Zarion Venter

2. Kgomotso Lebitsa

• o8-dogters:

1. Katlego Bowler

2. Amerie Herbst

• o8-seuns:

1. Lesedi Sahlare

2. André Reed

• o9 dogters:

1. Zemirah Marshall

2. Adonai Nel

• o9-seuns:

1. Rego Mathuloe

2. Deklin Segeel

• o10-dogters:

1. Rethabile Phage

2. Marinda Britz

• o10-seuns:

1. Lesedi Jonker

2. Xander Guthrie

• o11-dogters:

1. Mieke van Rooyen

2. Retha Botha

• o11-seuns:

1. Levandré Durman

2. Bobo Makgoka

• o12-dogters:

1. Maddison Broodryk

2. Shaylin Potgieter

• o12-seuns:

1. Paul Gwenzi

2. JJ Botha

• o13-dogters:

1. Refiloe Mathiya

2. Kaylin Rossouw

• o13-seuns:

1. Luhandré Harmse

2. Hussain Almed

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button