School sportSport

RAM-langasems rek hul bene in massabyeenkoms

Organiseerder van die landloop, Maretha van der Walt was baie beïndruk met die getal leerders wat aan die uitdunne deelgeneem het.

Die koue wintersdag kon nie die leerders van Laerskool Randfontein keer om deel te neem aan die skool se jaarlikse massalandloop-byeenkoms nie.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat die byeenkoms op Woensdag, 25 Mei gehou is en dat al die atlete uitstekende prestasies gelewer het. Die eerste vyf atlete het ook almal die landloopspan gehaal.

Organiseerder van die landloop, Maretha van der Walt was baie beïndruk met die getal leerders wat aan die uitdunne deelgeneem het.

‘n Landloopbaan van 2km lank is om die skoolterrein uitgelê en die personeel het op strategiese plekke diens gedoen en verseker dat die leerders te alle tye veilig is,” het Annie vertel.

Die Graad 7’s se spangees was op almal se lippe. Hulle het snaaks aangetrek en grappies gemaak, Wynand Bezuidenhout het ‘n humoristiese plakkaat met hom saamgedra en dit was die hoogtepunt van die dag.

“Die atmosfeer van kameraadskap onder die leerders was opmerklik. Hulle het mekaar aangemoedig en ondersteun; niemand is gelos om alleen te sukkel nie. Dit is ‘n wonderlike eienskap vir ‘n jong leerder.”

Carli Erasmus en Kim Small ondersteun mekaar deur hande te hou terwyl hulle oor die wenstreep hardloop. Foto: Annie Nolan.

Die uitslae is soos volg:

• o.7-dogters:

1. Amerie Herbst
2. Katlego Bowler
3. Kayleigh Coetzee

• o.7-seuns:

1. André Reed
2. Michael Stols
3. Lethabo Mokae

• o.8-dogters:

1. Skyler Barnard
2. Adonai Nel
3. Sioné van Rooyen

TJ Joubert, die o.13-seunswenner. Foto: Annie Nolan.

• o.8-seuns:

1. Rego Mathuloe
2. Jimmy Reynold
3. Martin Pretorius

• o.9-dogters:

1. Rethabile Phage
2. Danica Harmse
3. Lesedi Moetsi

• o.9-seuns:

1. Lesedi Jonker
2. Dureant Jooste
3. Bryan Crouwkamp

Carmi Potgieter, die o.13-dogterswenner. Foto: Annie Nolan.

• o.10-dogters:

1. Mieke van Rooyen
2. Tianie Fourie
3. Hailey Jacobs

• o.10-seuns:

1. Bobo Makgoka
2. Mahlatse Montshiwangae
3. Logan Lee

• o.11-dogters:

1. Maddison Broodryk
2. Shaylin Potgieter
3. Lenette Harmse

• o.11-seuns:

1. Morne Oberholzer
2. Dian van Heerden
3. Estiaan Botha

• o.12-dogters:

1. Carli van Deventer
2. Refiloe Mathiya
3. Seneo Fout

• o.12-seuns:

1. Luhandré Harmse
2. Siya Kubeka
3. Lodewyk Marais

• o.13-dogters:

1. Carmi Potgieter
2. Xanthe Pietersen
3. Chanica van der Walt

• o.13-seuns:

1. TJ Joubert
2. Aphile Maseko
3. Shane Mestré

Baie geluk aan al die atlete met die pragtige prestasies.

 

Related Articles

 
Back to top button