School sportSchools

Riebeeckrand se o14- en o16-rugbyspan is liga-kampioene!

Hoërskool Riebeeckrand is in hul noppies nadat beide hul o14- en o16-rugbyspan deurgedring het na die uitspeelrondte van die Noordvaal-kompetisie op 29 Julie.

Hoërskool Riebeeckrand bars van die trots nadat twee van hul rugbyspanne, die o14’s en o16’s, as kampioene van hul onderskeie Goue Leeus Rugby Unie-ligas gekroon is. Die eindstryde het op 22 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort plaasgevind.

Die o14’s het Fochville in die finaal 12–5 geklop terwyl die o16’s vir Linden met 24–13 getroef het.

Riebeeckrand se o14-rugbyspan saam met skoolhoof Annelize van den Berg (ver links). Langs haar is een van die spanafrigters Henry Wiggill. Die ander afrigter, Johan Tiedt is heel regs. Foto ingestuur.

• Lees ook: Vier Riebeeckrand-spanne in Goue Leeus-finaal

Volgens skoolwoordvoerder Carina Collins het albei die skool se spanne nou deurgedring na die uitspeelrondte van die Noordvaal-kompetisie (Afdeling 3) wat hierdie Saterdag, 29 Julie plaasvind.

“Ons wens ons twee spanne net die beste toe vir Saterdag. Ons kan nie beskryf wat ‘n eer dit vir ons skool is nie. Die spanne het verskriklik hard gewerk om tot hierdie punt te kom, ons wag in spanning om te sien hoe Saterdag gaan verloop,” het sy gesê.

Related Articles

 
Back to top button