Local newsSchools

Vier Riebeeckrand-spanne in Goue Leeus-finaal

Vier rugbyspanne van Hoërskool Riebeeckrand sal hierdie naweek Randfontein se trots op hul skouers dra.

Hoërskool Riebeeckrand het geskiedenis gemaak nadat vier van hul rugbyspanne (o14-, o15-, o16- en eerste spanne) in ‘n eindstryd van hul onderskeie Goue Leeus Rugby Unie-liga deurgedring het.

Die reeks finaal sal op Saterdag, 22 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort plaasvind.

Dalubuhle Ndlovu in aksie vir Riebeeckrand see eerste rugbyspan. Foto ingestuur.

Volgens Carina Collins, Riebeeckrand-woordvoerder is dit ‘n groot eer.

“Dit is dus die eerste keer in die skool se geskiedenis wat ons soveel spanne het wat aan hierdie gesogte geleentheid gaan deelneem.”

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button