Kleuters wys hul geloofpassies
Byna 300 mense het onlangs Little Angels Daycare 4 Jesus se spog-konsert bygewoon.
Little Angels Daycare 4 Jesus het onlangs ‘n prettige konsert vir hul kleuters gereël wat op die verhoog met hul danspassies by Randfontein High School (RHS) gespog het.
Volgens Chevonne Buitendag, hoof van die skool, was die konsert georganiseer om ouers te wys hoe kosbaar die groei van ‘n kind is, asook om die naam van die Here bekend te maak deur middel van lofprysing en sang.
Ongeveer 270 mense het die vertoning bygewoon.
Chevonne het die tema sowel as die liedjies vir die konsert gekies terwyl die onderwysers hul onderskeie klasse se danspassies en choreografie uitgedink het. Chevonne se susters, Chezanne en Charlize, het ook ‘n vertoning op ‘n skerm gehad vir die gehoor.
“Die lekkerste deel van die konsert was om te sien hoe alles in plek val en hoe ons kinders hulself op die verhoog geniet het. Ons ouers was geweldig trots op hul kinders,” het Chevonne gesê.



