Schools

Welkom aanboord die Riebeeckrand-skip

Hoërskool Riebeeckrand verwelkom sewe nuwe personeellede vir 2024.

Hoërskool Riebeeckrand het ‘n hele klomp seevaarders (oftewel nuwe personeel) aanboord die skool se skip verwelkom.

Jamelda Meintjes, Meléne van Rooyen, Lízeri Seegers, Constant van der Merwe, Pheletso Moekoa, Tarryn Scheepers en Ilcké van Straaten is deur Hoërskool Riebeeckrand as nuwe personeellede aangestel.

Skoolwoordvoerder Carina Collins huiwer nie om die skool se opgewondenheid te verteenwoordig nie.

“Ons weet julle gaan elke oomblik saam met ons geniet en ons wens so ook elkeen van julle sterkte toe met die nuwe avontuur hier by Riebeeckrand,” het Carina gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button