Schools

Ontmoet RAM se nuwe onderhoof

Self 'n oud-Rammie sien Magda Graaff uit na die toekoms as onderhoof van Laerskool Randfontein.

Magda Graaff is amptelik aangestel as Laerskool Randfontein se nuwe onderhoof.

“Onderwys is ‘n roeping en dit is ‘n wonderlike voorreg om ‘n verskil in ander se lewens te kan maak. Aan die Here al die eer vir hierdie geleentheid,” het Magda gesê.

Magda het vertel sy self is ‘n oud-Rammie. Sy is in Potchefstroom gebore en het haar laerskool loopbaan by Laerskool Randfontein voltooi. In 1993 het sy by Hoërskool Riebeeckrand matrikuleer, waarna sy by die Noord-Wes Universiteit onderwys studeer het. Sy vertel sy was Primaria (die hoofstudent van haar ‘n dameskoshuis) sowel as deel van die studenteraad.

“Laerskool Randfontein is ‘n baken in die gemeenskap, gebou op Christelike waardes en trots Afrikaans. Hier word jy deel van ‘n familie en dis hier waar ‘n veilige ruimte geskep word vir elkeen om hul volle potensiaal te bereik. Een maal ‘n Rammie, altyd ‘n Rammie!”

Sy het aangegaan om te sê sy is opgewonde vir wat die toekoms inhou. Sy het klem gelê op die belangrikheid van veerkragtigheid, gemotiveerdheid en positiwiteit.

“Uitdagings is daar baie, nie net in die onderwys nie, maar ook in ons samelewing. Dit skep net soveel meer geleenthede om ‘n verskil te maak! Wat ‘n voorreg!”

Magda het afgesluit deur haar wens vir elke Rammie uit te spreek.

“Ek hoop jy sal jou roeping ontdek en daardie verskil gaan maak, soos net jy kan!”

Related Articles

Back to top button