Schools

Rappies-netbalspelers vier suksesvolle toer

Laerskool Rapportryer se netbalseisoen skop af met 'n suksesvolle netbaltoer.

Laerskool Rapportryer se netbaldogters het onlangs ‘n netbaltoer beleef om hul uithouvermoë en spanspel te bevorder.

In Maart, het Laerskool Rapportryer se o10- tot o13-netbaldogters die Camp Discovery netbaltoer geniet. Meer as 65 Rappie netbalspelers het die geleentheid gekry om die toer by te woon saam met hul afrigters.

Volgens netbalorganiseerder Marsha Coetzer, was dat die toer onder leiding van die Pretoria afrigter, Jenny van Dyk. Marsha het genoem dat Jenny nuwe vaardighede en spanspel vir die spanne geleer het.

“Uithouvermoë en positiwiteit het ons dogters deurgetrek tydens uitermatige hoë temperature en ure se oefening. Ons is regtig baie trots op die karakter wat die dogters gewys het. Om vasberade te wees is in Rappies se bloed,” het Marsha gesê.

Marsha het verder vertel dat Rappies uitsien na ‘n suksesvolle netbalseisoen en om 2024 hul beste jaar te maak.

Related Articles

 
Back to top button