Schools

RAM-leerders ontvang Lurex-baadjies

Twee leerders se prestasies word gekenmerk met erekleure.

Twee leerders van Laerskool Randfontein het albei Lurex-baadjies ontvang.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het verduidelik, “Die skool glo daarin om leerders die nodige en regverdige erkenning te gee vir prestasies wat behaal word vir skoolaktiwiteite. Leerders wat ekstra hard werk en besonderse goeie prestasies lewer kom in aanmerking vir dié pragtige baadjie.”

Lindy, Kenyana en Don Sight Asaba.

Maddison Broodryk het erekleure ontvang vir leierskap, netbal en akademie terwyl Kenyana Asaba erekleure verwerf het vir kultuur, netbal en akademie.

Albei het op 15 April hul baadjies ontvang met albei se ouers wat boonop die eer gehad het om die baadjie vir hul betrokke kind te oorhandig.

Marcél, Maddison en Lucinda Broodryk.

“Dis ‘n besonderse unieke prestasie! Ons is baie trots op Maddison en Kenyana en ons weet hulle gaan nog ver kom in die lewe,” het Annie afgesluit.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button