Schools

Rappies-welpierugbyspan tot dusver onoorwonne

Laerskool Rapportryer se o8-welpierugbyspan het sover die seisoen elke opponent in die stof laat byt.

Laerskool Rapportryer se o8 welpierugbyspan is tot dusver onoorwonne hierdie seisoen.

Dit is volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel wat sê die span het agt wedstryde agtereenvolgend gewen.

Die span is onder leiding van afrigters Errard Ernsting en Brandon Viviers.

“Hierdie dinamiese o8-rugbyspan het elke wedstryd met oorgawe en passie genader. Hulle het werklik die talente wat die Here hul gegee het ten volle gebruik,” het Celeste vertel.

Sy het verduidelik dat Errard en Brandon ‘n duidelike visie vir die ontwikkeling van die jong spelers het omdat hul albei reeds rugby speel. Celeste het bygevoeg dat die afrigters se doel is om elke speler toe te laat om hul potensiaal te bereik en uiteindelik die groen en goud Springbok-trui oor hulp kop te trek.

“Met elke wedstryd bewys hierdie spelers van Laerskool Rapportryer hul vaardighede en vasberadenheid. Hierdie span is beslis een groot trots van Rappies,” het Celeste afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button