Schools

Rappies vier Hemelvaartdag

Die tradisie om Hemelvaart te vier was voortgesit by Rappies.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n spesiale diens vir hul leerders gereël om Hemelvaartdag te vier.

Die senior leerders het ‘n tradisionele stap na die kerk uitgevoer. Hul is daarna deur ds Johan van Staden van die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort in Randgate verwelkom met ‘n inspirerende preek. Die senior koor het ook die gehoor met hul stemme vermaak.

Intussen het die junior leerders ‘n diens in die saal geniet waar pastoor André du Plessis ‘n boodskap van hoop en geloof met hulle gedeel het.

Skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het beklemtoon dat die skool dit as ‘n voorreg beskou om sulke spesiale dae te kan vier. Sy het bygevoeg dat hulle die Here se hand in die lewe van die skool waardeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button