Schools

Rappies pom-poms bereik nuwe hoogtes

Laerskool Rapportryer se pom-pom groep het uitstekend gevaar tydens die SA Kampioenskappe.

Laerskool Rapportryer se pom-pom groep het groot sukses behaal tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Centurion onlangs.

Volgens afrigters Chantelle Kern en Lucinda Henning het die groep die derde plek bereik en loop hulle oor van trots.

“Ons pom-poms het werklik hul harte uitgedans en Rappies se naam hoog gehou. Hulle het werklik hul beste dans-skoene ingepak en alles gegee. Hul harde werk het vrugte afgewerp en hul toewyding beloon,” het skoolwoordvoerder Celeste Wentzel gesê.

Rappies se pom-pom groep.

Sy het bygevoeg, “Ons is baie trots op elkeen van hulle. Die span se derde plek is ‘n bewys van hul deursettingsvermoë en die goeie afrigting wat hulle ontvang het. Hierdie prestasie het verseker dat Laerskool Rapportryer se naam as een van die voorste laerskole in die pom-pom wêreld bekend is.

“Met hierdie uitsonderlike prestasie agter die rug, sien die skool en die gemeenskap met groot verwagting uit na toekomstige kompetisies waar die groep ongetwyfeld weer sal uitblink,” het Celeste vertel.

Related Articles

 
Back to top button