RAMKat kriekettoer ‘n sukses
RAMKat-krieketspelers het uitgeblink tydens 'n toer na Potchefstroom Volkskool en Jubaweni in Limpopo gedurende die skoolvakansie.
Laerskool Randfontein se RAMKat-krieketspelers het die geleentheid gehad om op twee toere te gaan gedurende die skoolvakansie.
Van 18 tot 21 Junie het hulle Potchefstroom Volkskool en van 30 Junie tot 2 Julie Jubaweni in Limpopo getoer.
Annie Nolan, skoolwoordvoerder vir RAM het verduidelik die afrigters asook ouers het aan verskeie fondsinsamelings-inisiatiewe deelgeneem om die toer vir elke speler moontlik te maak. Dit sluit in ‘n bekende rolbaldag, blikskud by verkeersligte en worsverkope.

Die spelers wat uitgestaan het tydens die toer sluit in Wandre Phillips, JD Opperman, Jimmy Reynolds Jnr en Louis Phafl.
“Die kompetisie was groot gewees, maar die skeerroom gevegte in die aande was groter,” het Annie gesê.
Die mooiste oomblik tydens die toer was egter toe die seuns ‘n lewenslange pasiënt van Witrand Psigiatriese Hospitaal aangeneem het as deel van die span.



