Schools

Rappies verwelkom identiese drielingbroers

Alhoewel hulle nie juis die eerste drieling van die skool is nie, is hul beslis die skool se eerste identiese drielingbroers, wat presteer op talle gebiede.

Vir die eerste keer in Laerskool Rapportryer se geskiedenis, is daar identiese drielingbroers.

Identiese drielingbroers Bertus, Cobus en Drikus Lourens is vanjaar in graad 2 ingeskryf en vorm deel van ‘n merkwaardige oomblik vir die skool. In 2010 het die Randfontein Herald egter berig oor nog ‘n stel drieling in dié skool, wat ‘n eerste vir Rappies was, maar hulle was saamgestel uit twee sussies en een broer.

Die drietal is nie net bekend vir hul sinchronisasie nie, maar presteer ook op akademiese- en sportgebied.

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het die drietal reeds ‘n groot indruk op klasmaats en onderwysers gemaak.

“Dit is ongelooflik om te sien hoe hulle mekaar ondersteun en inspireer. Hulle vasberadenheid en leierskapsvaardighede is merkwaardig vir kinders van hul ouderdom,” het Celeste uitgedruk.

Celeste het verduidelik dat die drieling se bydrae vrugte vir die skool gaan dra aangesien hul spanwerk sterk sal loop tydens sportaktiwiteite.

“Ons as Rappies is opgewonde oor die potensiaal wat hierdie dinamiese trio gaan bring en ons sien uit daarna om te kyk hoe hul unieke band die skool se kultuur verder sal verryk. Ons kan nie wag om te sien hoe hulle groei en ontwikkel nie. Hierdie is regtig ‘n spesiale tyd vir Rappies,” het Celeste vertel.

Volgens Celeste dien die drielingbroers se inskrywing as ‘n nuwe hoofstuk vir die skool se ryk geskiedenis.

*Artikel aangepas — Red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button