Schools

Naskoolleerders bak en brou vir minderbevoorregtes

Van oliebolle tot koekies, 'n naskooleienaar en haar leerders bak en brou vir minderbevoorregtes in Randfontein.

Eienaar van Chazaya Naskool, Chariska Theunissen en haar naskoolleerders van verskeie skole in die dorp, het gebak en brou om fondse in te samel vir minderbevoorregtes.

“Ons bly in ‘n arm gemeenskap maar in sekere gevalle werk albei ouers. Tog is daar steeds ‘n nood vir hulle en hul kinders se basiese behoeftes,” het Chariska vertel.

Daarom het hulle besluit om onder andere oliebolle en koekies te maak sodat dit verkoop kan word as fondsinsameling. Sy het verder verduidelik die geld word dan aan die gemeenskap se behoeftiges geskenk.

Bea Lewies, Leah van der Merwe, Kayleigh Coetzee, Lilly Brown en Wian Lewies.

Chariska het beklemtoon dat sy verskeie fondsinsamelings hou elke maand. Haar fondsinsamelingprojekte het reeds in 2018 begin toe sy in kollege was. Van toe af het Chariska besluit dat dit haar passie is om na minderbevoorregtes uit te reik.

Sy het vertel sy was self betrokke by die fondsinsameling van Zihanku van Aarde wat onlangs brandwonde opgedoen het nadat hy in ‘n bad warm water geval het. Zihanku is huidiglik in Chariska se nasorg en sy het ‘n groot liefde vir hom ontwikkel.

“Die naskoolleerders huiwer glad nie om in te spring nie. Die leerders ondersteun my gereeld en help om die soet produkte te maak,” het sy met trots afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button