Schools

RAM se graad 1-leerders leer van diere

Laerskool Randfontein ontvang 'n besoek van 'n veearts om hulle te leer oor die versorging van diere.

Personeel van die Homestead Veterinary Hospital het onlangs Laerskool Randfontein besoek.

Dr Lottie Carr en haar assisstent Jerolien van Jaarsveld het met die graad 1-leerders gesels oor die versorging van hul troeteldiere.

Ntando Ndletyana. Foto ingestuur.

Sy het haar hond Luna saamgebring en tesame het hulle die leerders onder andere geleer hoe belangrik dit is om troeteldiere gereeld veearts toe te neem en selfs hoe om hulle tande te borsel.

“RAM se graad 1-leerders het dit baie geniet en wil net baie dankie sê vir die besoek en dat hulle ook ‘n kans gekry het om aan Luna te mag vat,” het Annie Nolan, woordvoerder vir RAM gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button