RAM vier 87 jaar met ‘n piekniek en unieke uitrustings
Leerders en personeel van RAM het deelgeneem aan die prettigheid en die dag saam geniet.
Leerders en personeel van Laerskool Randfontein het vermakerig aangetrek om die skool se 87e bestaansjaar te vier.
Annie Nolan, die skool se woordvoerder, het verduidelik op 8 Augustus is die leerders en onderwysers uitgedaag om soos 87-jariges aan te trek.

“Die uitrustings was baie kreatief. Daar was baie borsspelde, boepense en kieries. Almal het hulself in die ouderdom ingeleef en selfs kromgeloop en stadig gepraat.”

Ouers van elke klas het koek gebak en lekkers gestuur en daar is piekniek op die veld gehou. Die skool het ook 12:00 uitgekom.

“Dit was ‘n lekker pretdag by die skool! Gelukkige verjaarsdag RAM, mag daar nog baie sulke mooi dae wees!”





