Verskeie skole van regoor die distrik het onlangs kragte gemeet tydens die laaste landloopliga wat deur Laerskool Rapportryer aangebied is.
Verskeie o7- tot o14-atlete het sportmansgees getoon nadat hul reggestaan het om weg te spring. Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel, was die Rappies landlooproete uitdagend en atlete het alles gegee om die wenpaal te bereik.

Rappies het uitstekend gevaar met 13 atlete wat in hul ouderdomsgroepe onder die top 15 geeïndig het.
“Veels geluk aan al die atlete wat deelgeneem en hul beste gegee het. Rappies is trots om hierdie liga met soveel geesdrif te kon aanbied en bedank almal wat bygedra het tot die sukses van hierdie dag,” het Celeste aangekondig.



