Schools

Rappies-tjokkers wys hul kolf- en boulvernuf teen Havies

Die mini-krieketseisoen is in volle swang en Rappies het meeste van hul kragmetings teen Havies van Roodepoort gewen.

Laerskool Rapportryer se eerste mini-krieket wedstryd vir die seisoen het op 3 Augustus afgeskop.

Hul opponent was Laerskool Dr Havinga en volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel was die o6-, o7- asook o8-kriekettjokkers in aksie gewees.

Miné Pretorius.

Die o6-spanne se wedstryde was vriendskaplik. Die o7-spanne het al vier van hul wedstryde gewen terwyl Rappies se o8-spanne drie uit vier kragmetings gewen het.

Heinrich Kern.

“Beide die krieketspelers en ouers het die geleentheid geniet. Ons sien uit na die res van die seisoen,” het Celeste afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button