VIDEO: Rappies vier Vrouedag saam met Riana Nel
Laerskool Rapportryer het die inisiatief geneem om Vrouedag saam met bekende sanger Riana en ander vroue te vier.
Laerskool Rapportryer het Nasionale Vrouedag met ‘n boodskap vanaf bekende sanger Riana Nel, gevier.
Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel, het Riana ‘n inspirerende boodskap gestuur oor die betekenis van vrou wees en hoe spesiaal vrouens werklik is. Celeste het vertel Riana het klem gelê oor die nabyheid van vrouens aan die Here.
“Haar woorde het diep geresoneer by die skoolgemeenskap en het ‘n gevoel van trots en dankbaarheid gewek,” het sy vertel.
• Kyk die video hier: Laerskool Raportryer – VROUEDAG
Die onderwysers en bemarkingsspan het self ‘n video gemaak waar hul opbou in stede daarvan om af te breek. Sy het vertel hierdie insiatief het ‘n positiewe en versterkende boodskap aan die gemeenskap oorgedra.
Verder het dogters van graad 1–7 gewone klere aangetrek as deel van die vieringe om hul vrou wees te beklemtoon.
“Dit was ‘n dag van vreugde in die gemeenskap asook by Laerskool Rapportryer. Laerskool Rapportryer wens elke vrou ‘n wonderlike Vrouedag toe!” het sy afgesluit.



