Nadine en Rappies-kore word gehoor!
Rappies se kore het saam met die bekende sangeres Nadine Blom 'n geskiedkundige vertoning gelewer.
Laerskool Rapportryer se kore het onlangs harte gesteel by die Suiderlig Kerk nadat hul saam met Nadine Blom opgetree het.
Die skouspelagtige geleentheid het die gehoor bekoor met die harmonie van die kore en Blom se engelstem.

“Die kinders het hul talent ten volle gebruik en ons is ongelooflik trots op hulle,” het skoolwoordvoerder Celeste Wentzel gesê.
Die suksesvolle aand het Rapportryer se leerders opgewonde gemaak oor hul opkomende optredes.

“Ons sien baie uit na wat voorlê. Dit is duidelik dat hierdie geleentheid net die begin is van wat nog ‘n suksesvolle reeks optredes vir die Rapportryer se kore beloof om te wees,” het Celeste vertel.



