Schools

Rappies se jukskeispanne het hul oë op Noordvaalbeker

Laerskool Rapportryer se jukskeispanne behaal groot sukses tydens die liga. Hulle het nou ’n kans om die Noordvaalbeker huis toe te bring.

Nadat Laerskool Rapportryer se seuns- en dogtersjukskeispanne as ligawenners gekroon is, sien hulle nou uit daarna om op 14 September aan die Noordvaal-toernooi deel te neem.

Lian Human.

Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het gesê die toernooi bestaan uit al die skole se eerste span ligawenners van Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en Gauteng. Hierdie skole sal dus meeding om te sien wie die beste van die beste is.

Die jukskeispanne het ook ‘n seromonie vir hul prestasies gehad.

“Die spanne oefen hard en mik daarna om meer bekers huis toe te bring,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button