Schools

Rappies-atlete reeds slaggereed vir 2025

Laerskool Rapportryer het 'n vriendskaplike byeenkoms aangebied ter voorbereiding vir die 2025-atletiekseisoen.

Laerskool Rapportryer het besluit om hul atlete op te warm met ‘n vriendskaplike byeenkoms vir die 2025-atletiekseisoen.

Atlete was reeds vroegoggend op 11 Oktober by die skoolterrein om vir die byeenkoms voor te berei. Drie ander plaaslike skole was ook betrokke.

Kian Button.

“Die doel was om al die leerders gereed te kry vir die 2025-atletiekseisoen en daarom het ons besluit om die atlete in die 2025-ouderdomsgroep en afstande te laat deelneem,” het Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, gesê.

Sy het verder uitgespreek dat die weer perfek was vir die dag en daar is altesaam 16 rekords in verskeie byeenkomste gebreek.

AJ Appelcryn.

“Ons is trots op elke atleet en ons bedank almal wat die dag ondersteun het. Ons sien uit na die atletiekseisoen wat vir ons in 2025 voorlê,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button