Schools

‘n Rappies toer vir die boeke

Laerskool Rapportryer se onlangse toer na die Kaap het die skoolgemeenskap se opwinding opreg aangekweek.

Laerskool Rapportryer se graad sewe-leerders het onvergeetlike herinneringe in die Kaap gemaak.

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het hierdie leerders nie net die asemrowende natuurskoon verken nie, maar ook met diere in aanraking gekom, ‘n duinlandskap verken en ‘n aarbeiplaas besoek.

“Hulle het ook die Here geprys waar hulle met ‘n kitaar in die hand voor slaaptyd gesing het. Daar is selfs foto’s en video’s geneem wat deur die skoolgemeenskap versprei is sodat almal by die huis in Randfontein in die opgewondenheid van die dag kon deel. Juffrou Sanette Venter het gesorg dat die ervaring deur die leerders se oë gedeel kon word.

Wiané Strydom op die aarbeiplaas.

“Hierdie graad sewe-toer was beslis een vir die boeke. Die leerders het nie net waardevolle lewenslesse geleer nie, maar ook die mooiste herinneringe gemaak wat vir altyd gekoester kan word,” het Celeste gesê.

Die toer het ‘n geleentheid geskep vir die leerders om as indiwidue te groei en ook die skoonheid van die Kaap te ervaar.

Franco Fourie staan braaf met ‘n slang.

“Van die waaksaamheid van die duine tot die soet smaak van vars aarbeie, hierdie avontuur het ‘n blywende indruk op almal gemaak. Laerskool Rapportryer is baie dankbaar vir die geleenthede wat hulle saam as ‘n groep kon geniet en beplan reeds al die volgende avonture vir 2025,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button