AJ Boerdery bederf Riebeeckrand se Rugbyspeler van die Jaar
AJ Boerdery borg 'n groot tjek van R75 000 vir Hoërskool Riebeeckrand se Rugbyspeler van die Jaar.
Xander Wray, ‘n matriekleerder van Hoërskool Riebeeckrand is onlangs as Rugbyspeler van die Jaar aangewys. Hy het R75 000 kontant gewen wat deur AJ Boerdery geborg is. Daar was vyf finaliste vir hierdie prestasie, insluitend Kobus Malan, Zander Viljoen, Terry Billa, Mika Seatle en natuurlik Xander Wray. Volgens die skoolwoordvoerder, Diana Nel, is die spelers deur die jaar geëvalueer vir onder meer akademiese vordering, dissipline, bywoning van oefening, bydrae tot die span tydens oefening en wedstryde en algehele ingesteldheid en betrokkenheid by die skool. “Die skool wil graag die seuns bedank vir die positiewe bydrae wat hulle deur die jaar gemaak het,” het Diana gesê.



