Schools

Ontmoet Rappies se nuwe departementshoof

Laerskool Rapportryer se nuwe departementshoof stel homself aan die gemeenskap voor.

Patrick Robert Masser (38) is aangekondig as Laerskool Rapportryer se nuwe departementshoof en spog met groot toekomsdoelwitte.

In 2007 tot 2009 studeer Patrick BA Sportsielkunde aan die Universiteit van Johannesburg waar hy sy liefde vir sportafrigting ontwikkel het.

Hy het toe in 2010 by Hoërskool Randfontein as onderwyser aangesluit en in 2011 gegradueer. In hierdie tyd het hy sy Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi. Dit is toe dat hy besef het dat hy nie net ’n verskil op sportveld kan maak nie, maar ook op akademiese gebied.

Sy loopbaan by Laerskool Randfontein (RAM) het in 2012 begin waar hy terselfdertyd sy Honneursgraad in skoolbestuur aan Unisa voltooi het. Patrick het vir 10 jaar by RAM skoolgehou waarna hy besluit het om sy vlerke te sprei en in 2022 ‘n nuwe uitdaging by Laerskool Rapportryer aan te pak.

Patrick onderrig tans Tegnologie (graad sewe), Lewensoriëntering (graad sewe) en Wiskunde (graad vier). Hy wil graag eendag bevorder word tot adjunkhoof en dan uiteindelik as skoolhoof aangewys word.

“Opvoeding is nie altyd maklik nie, maar die leerders maak dit die moeite werd. Om te sien watter verskil ‘n mens in die kinders se lewens maak, hoe klein ook al, is die hoogtepunt,” het hy uitgespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button