Schools

Rappies se nuwe fotografieklub skep geleenthede

Laerskool Rapportryer laat leerders toe om die wêreld deur 'n ander lens te sien.

Laerskool Rapportryer het ‘n nuwe fotografieklub gestig wat sodoende geleenthede skep vir nuwe stokperdjies.

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, bied die fotografieklub geleenthede aan leerders om hul kreatiwiteit en tegniese vaardighede te ontwikkel. Alhoewel die inisiatief nog in die beginfase is, wek dit reeds belangstelling by die leerders.

“Wie sal nie deur Rappies se lens wil kyk nie?” het Celeste uitgespreek.

Celeste is opgewonde oor die geleentheid wat die klub vir leerders skep, veral diegene wat dalk nie hul passie op die sportveld uitleef nie. Die doel is om elke leerder die kans te gee om hul eie unieke perspektief vas te vang en trots te wees op hul werk asook om die wêreld deur ‘n ander lens te sien.

“Nie almal is ‘n atleet nie, maar hulle kan ontwikkel word tot die beste fotograaf. By Laerskool Rapportryer wil ons elke oomblik leef en vasvang. Die lewe is net een foto lank, en foto’s is al wat ons het,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button