Rappies vier ‘n vroeë Kersfees
Laerskool Rapportryer het gesorg dat hul swaeltjies (oftewel leerders) die kans kry om 'n vroeë en geseënde Kersfees te geniet.
Laerskool Rapportryer het gereël vir pret en vroeë Kersvieringe by die skool waar hul leerders die dag voluit kon geniet met ‘n optrede, Reis deur die Wêreld.
“Kersfees is ‘n tyd wanneer gesinne bymekaar kom om mekaar te koester,” het Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, uitgespreek.

Volgens Celeste is die opvoering ’n opsomming van die skool se swaeltjies wat altyd na die warm dele en veilige hawens reis.

“Ons as Rappies vier saam ons swaeltjies se Kersfees om vir almal ‘n veilige, warm, gesamentlike Kersfees te gee! Ons doel is om ons verbondenheid in ons gemeenskap in te ploeg en daarom is dit vir ons belangrik dat elke leerder in ons skool dieselfde ervaar sodat hulle ook ‘n warm somer Kersfees kan geniet soos die res,” het sy afgesluit.



